Trou Idees

JOU VENNOOT IN TROUBEPLANNING

Kan jy glo jy is hier en trou met die man van jou drome? Ons is baie opgewonde saam met julle oor die opwindende avontuur waarop jy en jou verloofde tans is!

Onthou jul troue is jul dag; of dit nou groot, klein, 10 of 100 gaste, in jul agterplaas of by ’n 5 ster venue is, dit maak nie saak nie, solank jy met die man van jou drome trou!

“Ons almal wil ʼn huwelik hê wat mooier is as ons troue – maar ons investeer anders om” – Jay Shetty.

Mens kan partykeer deur al die beplanning en spanning perspektief verloor, so maak seker julle gee steeds aandag aan jul verhouding sodat jul huwelik mooier is as jul troudag. Fokus op dit wat gaan saak maak oor 5, 10 of selfs oor 50 jaar van nou, jou huwelik! Woon ’n voorhuwelikse kursus by en maak God die middelpunt van jou verlowing. Mens kan die huwelik vergelyk met ’n driewiel fiets met God voor aan die stuur punt en jy en jou man wat saam ewe hard trap en volg waar hy julle lei.

Ons grootste wens is dat julle ’n gelukkige geseënde huwelik sal hê, en dat jul troudag net die begin daarvan sal wees.
Dankie dat jy Trou Idees kies as vriendin om saam jou die reis aan te pak. Jy is welkom om enige tyd ’n vraag anoniem op die blad of op ons groep te plaas. Jy is ook welkom om vir ons ’n epos, whatsapp of inboks boodskap te stuur. Ons sien uit om te deel in die beplanning van jou droomdag! Wanneer jy klaar getrou het is jy ook welkom om aan te sluit by ons ander blad, Trou Idees: Verhoudings & Leefstyl. Daar ondersteun ons mekaar deur alledaagse dinge. Van verhoudings, swangerskappe, Mamma wees tot ’n gesonde leefstyl!

Trou Idees