Anastasie & Sean {Vetplante & Plaas}

Persoonlike Inligting:
· Naam van Bruid: Anastasia Chisholm
· Naam Van Bruidegom: Sean Chisholm
· Datum en Tyd van troue: 7 Mei 2016 – 11:00
· Venue/plek van troue: Yesterday, Today & Tomorrow Guest Farm, Heidelberg, Gauteng
· Aantal gaste: 30

Diensteverskaffer Inligting:
· Trou Koordineerder: Jaid Botha, That’s Amazing Party Hire
· Fotograaf: Melanie Kelfkens, Sweet Memories Photography
· Bruid en bruidmeisie rokke: Wedding World, Springs
· Bruidegom en mans pakke
· Blomme : Blommetaal
· Dekor: That’s Amazing Party Hire
· Koek: Bruid se tannie – Carolien Erasmus
· Spyseniering: Antjie Moller

Oor die bruidspaar:
· Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het ontmoet by gemeenskaplike vriende se huis. Hy het in Pretoria gebly en ek in Heidelberg. 2 Dae na ons ontmoeting het hy na werk al die pad van Pretoria gery vir ‘n date en van daar af was ons onafskeidelik. Hy het Heidelberg toe getrek en ons het ‘n paar harde klippe gekou wat help skaaf het aan die sterk en onwrikbare verhouding wat ons nou het.
· Hoe lank het julle mekaar geken: 4 jaar en 6 maande
· Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Hy het my uitgevat vir my verjaarsdag, maar het nie die moed gehad om in die restaurant te vra nie, toe ons by die huis kom het hy op sy kniee gegaan en my gevra om sy vroutjie te wees.
· Die troue (van a-z): Dit was mooier as wat ek kon droom. My vriendin (en koordineerder) het presies geweet wat ek wou he. Ons wou nie ‘n vreeslike affere gehad het nie en wou he almal moet lekker kuier. Ek wou graag ‘n oggend troue he sodat ons lekker kon kuier saam die kinders. My boetie het my “in stap” liedjie gespeel op sy kitaar en als was net perfek. Die vetplante was iets anders en mense het behoorlik gegons daaroor. Ek sou nie een detail wou verander nie. Die koek was STUNNING wat my tannie met liefde vir ons gemaak het. My Niggie het my hare en make up gedoen. Ons het ‘n “budget” troue gehad wat nie “budget” gelyk het nie.
· Raad vir toekomsige bruide: Mens kan op ‘n klein begroting al jou drome laat waar word. Span die hulp van familie en vriende in, jy sal verbaas wees hoe bereid mense is om te help vir jou groot dag. Geniet elke oomblik dit gaan regtig so vinnig verby.
· Die beste deel van jul troudag: Om met my beste vriend te trou. Ek was nie vir een oomblik senuweeagtig nie. Kon nie wag om die “I do’s” te se nie.