Carmin & Yannick {Boho by die See)

Tema van jou troue: Boho by die See

Persoonlike Inligting:
· Naam van Bruid: Carmin Arnould (neé van der Merwe)
· Naam Van Bruidegom: Yannick Arnould
· Datum en Tyd van troue: 24 Junie 2017 @ 16h00
· Venue/plek van troue: Salt Rock Hotel
· Aantal gaste: 65

Diensteverskaffer Inligting:
· Trou Koördineerder: Geen
· Fotograaf: Jacky Kelly Snapdragon Photography
· Bruid en bruidmeisie rokke: Geen bruidsmeisies – My rok: Madelain Clark Exclusive
· Bruidegom en mans pakke: Geen strooijonkers – Bruidegom: Edgars
· Blomme: Perriwinkle Florist
· Dekor: self
· Koek: Rachelle Walker Not Sheep Boutique
· Spyseniering: Salt Rock Hotel

Oor die bruidspaar:

  • Hoe het julle mekaar ontmoet:

Ek is nou al vir baie jare vriende met Yannick se sussie, maar ek het nooit geweet sy het ‘n boetie nie. Een aand na ‘n vriendin se verjaarsdagpartytjie het haar boetie opgekom in die geselskap. Ek was verstom dat ek haar al tien jaar ken en nie eers weet van sy bestaan nie.

‘n Week later het ek van ‘n kuier af by die pub Ollies gestop en hulle was almal heel toevallig daar besig om haar boetie se verjaarsdag te vier. Nog ‘n vriendin het my aan hom voorgestel.

Hy het daar gestaan met ‘n groot Meksikaanse hoed en sy mondhoek wat net aan die een kant opkrul in ‘n glimlag. Die mooiste man wat ek nog ooit gesien het!

Ons het so bietjie saamgekuier daai aand en ek is huistoe. Ek het die volgende dag geweet ek sal die man moet kontak voor hy van my vergeet. Ek het probeer om hom op Facebook te kry, maar dit was moeilik want ek kon nie sy naam heeltmal onthou nie, omdat dit so ‘n weird naam is. Ek kon hom toe gelukkig deur sy suster se Facebook opspoor: Yannick Arnould.

Hy’t my genooi vir ‘n drink en ons is nog al die pad saam van daar af.

  • Hoe lank het julle mekaar geken:

Drie en ‘n half jaar

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):

Hy het eendag my ma, pa en broer genooi vir ‘n drink en hulle al drie gevra. Dit is vir my so special dat hy my boetie ingesluit het, want hy is baie erg oor my.

Vir my het hy vertel hy het by Makro ‘n vyf nag wegbreek vakansie in Hluhluwe gewen en dat ons net einde Desember kan gaan.

Dit was die mooiste plekkie in die hartjie van die bos. Ons het elke oggend en aand romantiese etes gehad, ‘n game drive net vir ons twee in Umfolozi Park en ‘n guided bushwalk in Bushwillow.

Toe ons na die bushwalk terugkom by ons plekkie was daar ‘n romantiese kaas en wyn-ete op die deck by die swembadjie. Hy het my daar gevra om te trou.

Hy het vir die volgende dag vir ons ‘n couples massage bespreek om die wegbreek mee af te sluit. Dit was vrek oulik en romanties.

  • Die troue (van a-z):

My man is ‘n kommersiële duiker so hy love die see en ons bly in ‘n kusdorpie in KwaZulu-Natal. So dit het vir my sin gemaak om ‘n troue by die see te hê. Ek wou graag my seremonie en onthaal op die strand self gehad het.

Ek het teen die Noordkus op en die Suidkus af gesoek vir ‘n venue wat my kon help. Salt Rock Hotel was die naaste wat ek kon kry om my onthaal op die strand te hê.

Ons was altwee dadelik mal oor die venue toe ons dit sien en het besluit om ons troue daar op die groot grasperk langs die strand te hou. Wanneer dit hoogwater word spoel die see uit tott teen aan die grasperk.

My idee was van die begin af om die tema casual boho te maak. Ek was van plan om dit goedkoop te hou maar my idees was nie nie algemeen nie, so dit was vrek moelik om goed te kry om te huur vir die troue. Ons moes op die ou end meeste van die dekor self maak.

Ons het ‘n klein palmblaar boog wat uitkyk oor die see, met stringe blommetjies in die agtergrond gebruik vir die seremonie.

As ‘n verwelkominggeskenkie het ek vir elke dame ‘n blommetjie vir haar hare gehad en vir elke man ‘n lekker vir sy sak. My konfetti was wildeblomblaartjies in ou musiekpapier wat ons in houtkratte gesit het.

Terwyl almal vir my gewag het was daar ‘n groot fratsgolf wat almal in die voorste twee rye papnat gemaak het! Dit was nogal classic want ek en my man het net die vorige dag daaroor grappies gemaak.

Die onthaal was buite op die grasperk gewees. Ek het lae piekniektafels uit ou hout palette gemaak en die mooiste kant wat ek onder die pallets gesit het as throws. Daar was vuilpienk, ligblou en beige kussings rondom die tafels. Daar was lace runners oor al die palette en glaspotjies met wilde blommetjies en hout lanterns op elke tafel.

Die sjampanje is in galvanised sink ysbakke gehou. Die hele onthaalarea was omring met stringe liggies en daar was drie vuurputte gereed vir wanneer dit koeler word. Ek het ook kombersies as trougeskenkies vir elke paartjie gegee.

Op die tafels was daar klein snack boksies vir elke gas om te geniet as ‘n welcome snack aangesien ons met die piekniek tema nie ‘n voorgereg gehad het nie. Ons het skaap op die spit gehad vir die hoofgereg.

My troukoek was 70 individuele choclate en vanilla mini-koeke wat ook die nagereg was. Die mini-koeke was elkeen versier met wilde blommetjies en uitgestal op ‘n tafel versier met mos en verskillende groottes houtstompe.

Vir die ouer mense het my man vier tafels uit palette gemaak met verskillende antieke stoele. Hierdie tafels se runners het dieselfde gelyk as die laer palette se throws.

Ons het ʼn dansvloer buite op die grasperk gehad en ons twee se gunsteling local band het opgetree.

Ek wou nie ʼn formele rok gehad het nie aangesien ek ‘n casual onthaal beplan het. My rok is deur ‘n vriendin gemaak en was ‘n high waisted romp met ‘n two piece kanttoppie en plat sandale. My man se klere het hy self by Edgars gekoop aangesien hy nie een vir ‘n pak klere is nie.

Ons het geen strooijonkers of strooimeisies gehad nie en ek het nie ‘n ruiker of ‘n kousband gehad nie. Ek het ‘n blommekrans op my kop gehad wat ons later gebruik het soos wat die kousband gewoonlik gegooi word.

Ons het ook vir die fotograaf gevra om meer van ons onthaal foto’s te neem en eerder die bruidspaar foto’s te los aangesien ons nie regtig lus was om ‘n uur of meer van ons eie troue te mis nie. Ons het toe gereël om eerder na die troue eendag ‘n trash the drees shoot te doen wat baie fun was. Die foto’s daarvan is amazing!

Raad vir toekomsige bruide:

Mens hoef nie altyd volgens tradisie te gaan nie. En moet nie te laat begin nie, dis ‘n waste.

Die beste deel van jul troudag:

Die bonfire en die band verseker!

Los kommentaar