Die Troudag Tydlyn

horlosie

Die tydsbeplanning vir die troudag is baie belangrik! Dit gebeur so vinnig dat ‘n mens vinnig kan agter raak of van iets vergeet, en dit veroorsaak dat die dag gejaagd voel en in chaos verander!

 

Hier deel ons graag ‘n paar wenke vir die opstel van jou tydlyn en ook wat jy alles moet onthou

  • Jy MOET ‘n tydsbeplanning hê. Dit verseker dat almal weet wat volgende gebeur en waarvoor hulle verantwoordelik is.
  • Maak seker dat jy jou tydlyn met die belangrike mense op die troudag deel (venue, fotograaf, videograaf, seremoniemeester, gevolg, troubeplanner).
  • Gee besonderhede oor die “W’s en H” – wie, waar, wat, wanneer en hoeveel.
  • Gee duidelikheid oor wie verantwoordelik is vir watter take.
  • Verduidelik hoe jy dinge wil laat verloop/lyk – en maak gebruik van tabelle en prente.
  • Wees realisies oor die tyd wat dit neem om dinge te doen – voorsien eerder meer tyd as te min.
  • Stel die tydlyn so duidelik op dat almal dit verstaan.
  • Dit is jou seremoniemeester se verantwoordelikheid om seker te maak dat alles gebeur en dat dit volgens skedule verloop.

– As dit gebreur dat julle agter raak, pas die skedule so aan dat dit wat nog moet gebeur, bietjie vroëer geskuif word, maar sonder dat iets gejaagd voorkom.

Hier is ‘n voorstelling van ‘n troudag tydlyn vir ‘n troue wat om 16:00 begin. Pas hierdie tydlyn aan om by jou troue te pas.

tydslyn

Druk hier om vir die tydsbeplanner af te laai!