Dina-Mari & Calvin {Middeleeue}

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Dina-Mari Robertson (Bohr)
  • Naam Van Bruidegom: Calvin Robertson
  • Datum en Tyd van troue: 17 Junie 2016 16:30
  • Venue/plek van troue: Riverside Castle, Pretoria
  • Aantal gaste:40

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Geen
  • Fotograaf: DGR Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: The Bridal shop
  • Bruidegom en mans pakke: Cargo Kilts
  • Blomme : Geen
  • Dekor: Maids of Honour
  • Koek: Extra Mile Pattiserie
  • Spyseniering: Riverside Castle

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet:

Ons het eerste kontak gemaak op ‘n “online dating” website, Calvin het vir my ‘n boodskap gestuur en ek was dadelik vas gevang. Sy boodskap was heeltamal anders as al die ander boodskappe, ek het dadelik besef dat ons soveel dinge in gemeen het, ons liefde vir kos en die middeleeue. Ons het die 4de Januarie 2014 begin praat en teen die 9de Januarie het ek hom na my woonstel toe genooi vir ete (ek het die pasta verbrand), ons het daardie aand tot 2 uur die oggend gesit en gesels en dit is steeds die beste aand ooit gewees!

  • Hoe lank het julle mekaar geken:

Ons het mekaar vir ‘n jaar en 8 maande geken toe hy die groot vraag vra.

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):

Ons het beide ‘n bekoring vir die middeleeuse tydperk en gaan elke jaar na die Neigh-Bours Magical Medieval Fayre, dit vat ‘n mens terug na die tydperk waar vrouens pragtige rokke gedra het en mans “armour” gedra het met ‘n swaard aan hulle sy. Calvin was die heel dag so angstig en het gesukkel om die regte oomblik te kies, uiteindelik het hy laat die aand op ‘n koppie, met ‘n ligte reen en ‘n uitsig oor die stad die ja word gevra, ek het soos ‘n prinses op daardie oomblik gevoel wat haar “knight in shining armour” gekry het.

  • Die troue (van a-z):

Ons het al twee geweet ons vat ‘n groot taak aan toe ons besluit het op ‘n middeleeuse tema vir ons troue, ons kon nie die items vir ons trou sommer by enige winkel kry nie, gelukkig is beide van ons baie kreatief en nie bang vir ‘n doen dit self taak nie. Riverside Castle was die perfekte venue vir die troue, die styl van die gebou het ons baie gehelp om die regte gevoel te skep, om ook met die middeleeuse gevoel te help het ons al ons gaste gevra om aan te trek volgens teme en hulle het vreeslik uit hulle pad uit gegaan met die kostuums. Die kapel self was baie simplisties op gedoen met denneboom bolle, vlae wat beide families simboliseer en groot kers kandelare. Ons het ‘n doedelsak speller gehad om ons in die kapel in en uit te speel. Ons het ‘n “handfasting”seremonie gehad en toe die traditionele uit ruil van ringe. Die seremonie saal het soos iets uit ‘n sprokies verhaal gelyk, daar was oor die 100 kerse orals in die saal. Al ons gaste het om een tafel gesit en gesellig gekuier terwyl ons geeet het met middeleeuse musiek in die agtergrond. Ons het die aand af gesluit deur die koek met ‘n sward te sny en ‘n vuur danser om die gaste te vermaak

  • Raad vir toekomsige bruide:

Vergeet van die klein goed, onthou die rede hoekom julle feesvier, dit is die begin van julle huwelik.

  • Die beste deel van jul troudag:

Die beste deel van die troudag is beslis toe ons mekaar vir die eerste keer gesien het gedurine ons “first look”voor die troue. Dit is ‘n oomblik tussen die twee van ons wat ons sal koester vir die res van ons lewe saam.

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0