Elisma & Gerdus {Sprokiestroue}

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0

 

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Elisma de Klerk
  • Naam Van Bruidegom: Gerdus de Klerk
  • Datum en Tyd van troue: 17 September 2016
  • Venue/plek van troue: The Venue (tussen Jan Kempdorp en Hartswater)
  • Aantal gaste:

Diensteverskaffer Inligting:

  • Huweliksbevestiger: Brenda Myburgh, Bloemfontein
  • Fotograaf: Sonia Small van Kaleidoscope studio, Bloemfontein
  • Videograaf: Francois van Raising Flags, Bloemfontein
  • DJ: Tiaan Gerber, Christiana
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Olivelli, Bloemfontein & YDE
  • Bruidegom en mans pakke: Bride and Co. & Woolworths
  • Hare: Leandri van The Venue
  • Grimering: Ronel de Vos
  • Blomme & dekor: Nigel Londt, Kimberley
  • Plakkers, houtwerk & confetti-houers: JK Signs Jan Kempdorp
  • Troukaartjies, canvas & trouprogramme: Bezale Design
  • Koek: Olivelli, Bloemfontein
  • Spyseniering: The Venue

Oor die bruidspaar:

Die troue (van a-z):

Ons sprokiesdag……. 17 September 2016. Op hierdie dag is ek, Elisma en Gerdus de Klerk in die eg verbind, by The Venue, geleë tussen Jan Kempdorp en Hartswater.

My pa het ons ʼn sprokiestroue beloof en dit het ons gekry. As ek terugkyk sou ek alles net weer so wou hê.
Ons name, Gerdus en Elisma, en die woord Troukoors is in reuse letters in die lusernlande, langs die onthaalarea, geplaas.
Ons seremonie het onder ʼn dak by The Venue plaasgevind. Nigel Londt wat verantwoordelik was vir die blomme en dekor het hier gebruik gemaak van blomme en kristalle.
Brenda Myburgh het ons in die eg verbind. Die teksgedeelte was uit Ef. 4: 2- 3. Haar pragtige boodskap sal ons altyd met ons saamneem.
Voor die aanvang van die seremonie het ek en Gerdus kerse aangesteek ter herinnering van ons ontslape oupas en oumas. By elkeen se foto het ʼn kers gebrand.
Cézanne Yzelle het ons met ʼn nagtegaalstem toegesing en Altus Moolman het die viool bespeel.
Ons hofknapie, Liam Kampherbeek en blommemeisie, Mieke le Grange, was net so oulik.
Ons vier strooimeisies en vier strooijonkers het soos modelle gelyk. Om aan te pas by die kleurskema, “rose, blush and gold”, het die strooimeisies lang kantrokke gedra.
Die strooijonkers het aangepas by die bruidegom. Hulle het bruin broeke, wit hemde, bruin skoene en belde gedra, asook ʼn mooi strikdas en kruisbande.
Lapelwapens is gedra deur die bruidegom, gevolg en ouers van die bruidspaar met woorde soos Pa van die bruid, strooijonker ens. daarop.
Na die seremonie het elke gas ʼn horinkie wat in staanders was, gevat en blomblare daarin gegooi. Dit is as confetti vir die bruidspaar gebruik.
Die troukoek, gebak deur die bruidegom se ma, is direk na die seremonie gesny.
Terwyl ons foto’s geneem het, was daar sewe verskillende stasies oor die pragtige tuine versprei. Hier kon elke gas na hartelus eet en drink. Stasie 1 het bv. bestaan uit springmielies, Astro’s en sjokolade eiertjies. Die lekkernye kon in ʼn mooi springmielieboksie gesit word. ʼn Goue raam met die woorde: “Life is salty but love is sweet”, is by die stasie aangebring.
By die onthaalsaal se ingang was daar in groot letters ʼn plakker op die vloer met die woorde: Gerdus en Elisma de Klerk. 17 September 2016
Die DJ het almal se voete laat jeuk en daar is tot baie laat gekuier en gedans. Die heildronke is ingestel deur gebruik te maak van drie klein botteltjies per gas. Elke botteltjie het ʼn ander likeur ingehad en plakkers om elke botteltjie het aangedui wanneer dit gedrink moet word bv. Heildronk op Gerdus en Elisma.
Op elke gas se bord het sy naam gestaan wat uit hout uit gesny is. Die gaste se plasings is op ʼn groot raam aangebring wat mooi versier is.
Ons het een van ons verlowingsfoto’s vergroot en ʼn canvas daarvan gemaak. Die gaste het met goue penne boodskappe hierop geskryf.
Die sjef en sy personeel het gesorg vir vingerlekker kos – van die voorgereg tot by die nagereg was dit een groot bederf.
Ons dankie-sê was ʼn groot lekkergoedtafel. Hier kon die gaste ʼn mooi boksie vul met lekkernye soos gekaramelliseerde neute, sjokolades, Turkish Delight ens. ʼn Raam het die tafel afgerond met dié woorde: “’n Soet einde vir ʼn nuwe begin. Baie dankie! Gerdus en Elisma”

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0