JY, liewe vrou, is mooi!

My liggaam is gedeel in seksies vet… Kyk net hieridie lelike letsel op my lyf! My sproete is te duidelik. Ek het selluliet op my bene. My hare is te krullerig of te dun… Ek is te kort of te lank…

Klink dit nie maar bekend nie? Byna elke vrou daar buite kan hoor hoe hulle een van die sinne hierbo uiter met ‘n sug van teleurstelling… (SUG!) Grimmering word aangesit om die sproete weg te steek, haarprodukte word aangewend sodat dit dikker of meer reguit kan vertoon, lae klere om die letsels en selluliet weg te steek … maar wie is onder al daardie lae?

JY! Jy, mooi vrou, is daar onder.

Nee, daar is geen probleem daarmee om grimmering aan te wend om die beste dele van jou gesig te beklemtoon nie. Nee, daar is niks fout daarmee om ‘n “shape up” nommertjie onder jou klere te dra nie. Nee, daar is niks fout daarmee om gewig te verloor nie. Nee, daar is niks fout daarmee om verandering aan te bring en bietjie jou hare te krul of reguit te maak nie. Nee, daar is niks fout daarmee om moeite met jouself te doen vir extra “oemph” en vertroue nie.

Die probleem is wel dat téveel vrouens nie meer hulle eie mooi raak sien nie. Vrouens spandeer ure voor die spieël maar kyk die “detail” mis. Die grimmering en haarprodukte word nie meer alleenlik aangewend om die mooi te beklemtoon nie maar dit word soms gebruik as maskers omdat somige vrouens vergeet het hulle is mooi. Dikwels is daardie “detail” dit wat hulle onvergeetbaar mooi maak, wat hulle laat uitstaan.

Heelwat vrouens is geneig om baie krities op hulself te wees. Hulle geliefdes sien die mooi raak, hulle sien deur die masker maar dit is tyd dat die vrou self weer begin glo sy is mooi.

vrou mooi

Vandag moet jy weet:

Jou sproete is pragtig. Jou krulle is so wupls en vorm jou gesig so mooi. Jou oë skitter met die lagliggies wat in jou oë flikker. Jou letsels vertel interessante stories. Jou “seksies vet” is presies dit – “sexy”. Jou kurwes is joune. Jou reguit hare bring jou eksotiese elemente na vore. Jou vel gloei. Jou lengte is perfek. Jou skouers is sterk. Jou rug is trots. Jou lag is musiek. Jou glimlag is asemrowend.

Jy is VROU en jy is MOOI!

 

Geskryf deur: Lady Temcke

Foto Bron: Alles via Pinterest