Klassiek in Swart en Goud {Hennepartytjie}

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0

Die klein swart rokkie voor die groot wit rok! ‘n Partydjie waar vriendinne en susters by mekaar kom om die “Bride to Be” in al haar glans te vier! Dit klink absoluut heerlik!

Swart en goud spreek van ‘n klassieke voorkoms vir byna enige iemand. ‘n Henneparty met die kleurskema is tydloos en gesofistikeerd. Jou Amper-Bruid sal elegant voel…

Hier is ‘n paar idees van hoe jy alles aan mekaar kan sit:

Dekor: Balonne is ‘n wonderlike opsie vir dekor. Dit is nie te duur nie en lyk mooi en feestelik maak nie saak wat die kleur van die balonne is nie.

Oreo Koekies en Nickerballs kan in houers geplaas word om die plekkie verder op te tof. Niemand hoef daarvan te eet as hulle nie wil nie maar dit is ‘n idée vir iets wat op die tafels geplaas kan word. Popcorn kan self in houers geplaas word. Die “eet-goed” in die glas houers dien as ‘n “Twee-in-Een” faktor wanneer dit kom by die tipe partydjies – dit is eegoed vir die gaste en dien as dekor stukke.

5

 

Wit blomme is ‘n oulike manier om lewe te bring aan die geleentheid sou jy voel die swart en goud lyk te dood alhoewel die blink van skittergoud ook vorm van lewe en opwindendheid skep.

Toiletrolle teen mekaar geplak in ‘n vorm van ‘n hart en swart gespuitverf is ‘n uitstekende en goedkoop opsie vir dekorstukke. Jy kan selfs die dekorstuk laat  sprankel deur gebruik te maak van goue skitterstof.

Drankies: Swart en goue drankies soos Savana Dark en White Wine Siders kan deel vorm van jou dekor. Bind swart strootjies om die nek van die bottles met ‘n swart strikkie om alles af te rond.

6

Sou jy eerder die opsie wou gebruik waar elkeen hulle eie drankies verskaf, is dit nie ‘n slegte idée om vrugtepons te verskaf nie. Plaas swart en goue plastiek koppies langs jou pons sodat die gaste en jou amper-bruid hulle tonge kan nat maak.

Doop die sjampanje- of wynglase in geel jellie-poeier om ‘n goue ring te skep. Dit is heerlik wanneer jy ‘n drankie hieruit drink en jy kry so bietjie van die jellie in jou mond.

7

 

Gebruik Caramel Tequila vir die strafdop-skietdrankies. Die bottel pas by die tema en die kleur van die drankie ook. Dit smaak ook nie te einaardig nie en al die vriendinne en susters kan ‘n soet ervaring geniet wanneer dit hulle beurt is vir ‘n straf drankie.

Kleredrag: Reel met vriendinne en susters om elkeen ‘n swart nommerjie af te stof en aan te trek vir die geleentheid. Almal voel opgehewe en almal voel sexy. Trek vir die amper-bruid ook ‘n mooi swart nommertjie aan. Plaas ‘n veil op haar kop en bind ‘n goue strik om haar middel.

Geniet ‘n informele aand van glans en herinneringe bou! ‘n Aand wat die “Amper-Bruid” altyd sal onthou!

Artikel deur Lady Temcke 

12622454_1247217988628624_2142414103816579377_o

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0