{Kollig Artikel} Bushveld Pond: Van besigheid tot vriende

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0

Deur Trou Idees

In ‘n tyd waar dit vir baie besighede gaan oor kwantiteit in plaas van kwaliteit staan die venue Bushveld Pond (tussen Cullinan en Pretoria in Gauteng) kop en skouers uit.

Dit is deesdae baie skaars om ‘n plek te kry waar net een troue per naweek aangebied word. Maar om te verseker dat hulle volle aandag by die een bruidspaar se drome is, het dié span besluit dis hoe hulle dit gaan verseker.

Die tafels word al Donderdag gedek, sodat die bruid Vrydag rustig kan inloer en seker maak alles is net soos wat sy dit wou hê. Geen spanning op die troudag nie.

“Dis vir ons die beste gevoel om na ‘n troue te weet ons het ‘n droom waar gemaak,” sê CJ du Plessis, die eienaar. “Dat ons al die bruid en bruidegom se wense vervul het.

“Dis lekker – ook soms ‘n uitdaging – om ‘n bruid se prentjie wat sy al as ‘n dogtertjie in haar kop begin teken het, reg te kry en te sien hoe gelukkig sy is.”

Dit is duidelik uit die kommentaar op hulle Facebookblad dat die span van Bushveld Pond hierin slaag.

‘n Onlangse bruid – Jennilee – skryf: “… Everything went perfect. Through the year of planning we met for business, but we are leaving as friends… When John say to trust him, every bride and groom should, because you are in the best hands xx…”.

Nog ‘n bruid – Helen – laat weet: “By verre die beste trou venue. Julle is stunning mensies. John het van die begin af my opgesom om presies te weet wat ek wil hê en als was perfek. Ons sal enige iemand aanraai om hul te gaan besoek as jul opsoek is na n venue. Hul is so betrokke by jou planne en hul stap elke tree saam jou.” (sic)

Bushveld Pond het in Augustus 2008 begin. Die eienaars het die grond gekoop en alles daarop ontwikkel tot die prag-venue wat dit vandag is. Net die natuurlike dam was reeds daar.

“Dis eintlik maar ‘n stokperdjie wat toe ‘n voltydse werk geword het,” sê CJ. “Ons het gesien daar is ‘n leemte vir venues wat vir kleiner groepe ook voorsiening maak. Ons wou dit vir paartjies wat nie noodwendig kan bekostig om honderduisende rande uit te haal om te trou nie, ook moontlik maak om hulle droomtroue te hê.”

Hoewel Bushveld Pond teen ‘n gemiddelde R350 per persoon* baie bekostigbaar is, is trou ‘n groot uitgawe. Volgens CJ is een van die belangrikste dinge om aan aandag te gee sodra jy begin beplan vir ‘n troue, om te spaar sodat jy ‘n deposito kan neersit vir die venue. Alle venues dring daarop aan en as jy eers die venue geboek het, kan jy aan die ander dinge begin aandag gee.

Na ‘n dekade in die troubedryf het hy waardevolle raad. “Doen jou huiswerk voordat jy aan jou troue begin beplan,” sê hy. “Trou is duurder as wat meeste mense besef. Kry ‘n vergelyk tussen jou begroting en jou verwagting. Dit beteken nie jy moet afskeep nie, maar werk slim en kyk waar jy kan bespaar sonder om jou droom te laat vaar. Dit is moontlik om jou droom te verwesenlik, sonder dat dit ‘n fortuin kos.”

Bushveld Pond spog met oornag-fasiliteite, veilige binne-parkering, ‘n dranklisensie en is rolstoel-vriendelik.

Bruidspare kan kies van ‘n troue in die pragtige tuin vir 170 gaste of in die kapel met sitplek vir 90 gaste. Die grasdak onthaalsaal kan 170 gaste gemaklik akkommodeer en het ‘n kroeg en dansvloer.

Alle pakkette sluit die volgende in:

  • Venue-huur en gebruik van fasiliteite
  • Kapel of tuin troue
  • Onthaalsaal met feetjieliggies en linne-drapering
  • Drankies voor die onthaal
  • ‘n Sap en vonkelwyn per tafel
  • Gebruik van die bruid-suite en ‘n addisionele kamer vir die huweliksnag
  • Kontantkroeg met personeel
  • Veilige parkering met sekuriteitswag
  • Opstel van saal een dag voor die troue
  • Funksiekoördineerder vir die troudag
  • Driegang buffet-ete
  • Standaard funksie dekor wat die volgende insluit:
    • Ronde tafels met sitplek vir 10 gaste
    • Tafeldoeke, tafellinne en onderborde
    • Stoele en oortreksels
    • Eetgerei en glasware
    • Geskenk- en troukoektafels
    • Seremoniekussings, registertafel en rooi tapyt.

Daar is twee spyskaartopsies beskikbaar.

 

Kontakbesonderhede:

Adres: 220 Bosveld str, Bosveldpark, Roodeplaaat, Pretoria, Suid-Afrika

 

Telnr: 083 377 8511 of 074 531 3598

E-posadres: [email protected]

Webadres: www.bushveldpond.co.za

Facebookadres: https://www.facebook.com/bushveldpond/

Twitter handle: @BushveldPond

Pinterest naam: Bushveld Pond

Trou Idees Trougids

 

Trou Idees besoek nie die venues self nie en maak staat op die eerlikheid van eienaars om ‘n akkurate weerspieëling van die venue te gee. Enige terugvoer wat nie met hierdie artikel ooreenstem nie, kan gestuur word aan [email protected]. Dit sal na die betrokke venue verwys word vir kommentaar.

*Prys per persoon verskil na gelang van die hoeveelheid gaste en spyskaartkeuse. Persoonlike pakkette kan ook uitgewerk word.

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0

1 thought on “{Kollig Artikel} Bushveld Pond: Van besigheid tot vriende”

  1. Pingback: Bushveld Pond op Trou Idees blad! - Bushveld Pond Venue

Comments are closed.