{Kollig Artikel}: Janine Pretorius Photography

Net die beste vir haar nuwe vriende

Deur Trou Idees

Fotograwe neem baie mense af. Daarom is dit verstaanbaar dat hulle verhoudings met kliënte vlietend is. Sodra die finale foto’s gelewer is – die diens afgehandel is – eindig die verhouding ook.

Maar nie vir Janine Pretorius nie.

“Ek lewer nie net ‘n diens vir nog ‘n bruid en bruidegom nie,” sê sy. “Ek vorm hegte bande met my kliënte, voor en na die troue. Ek hou daarvan om maande en selfs na die jare nog te hoor hoe dit met hulle gaan.

“Dit gaan nie vir my net oor foto’s neem en geld maak nie. Maar dat die bruid en bruidegom net die beste kry. Elke bruid en bruidegom wil graag hulle spesiale dag vasvang in goeie, kwaliteit foto’s wat hulle vir altyd kan hou.”

Janine Pretorius Photography smee hierdie bande meestal in die Wes-Rand, maar reis ook gereeld verder in Gauteng, die Vrystaat en Noordwes om paartjies se herinneringe vas te vang.

Janine het van jongs af ‘n liefde vir kameras en foto’s gehad. Haar man het haar eerste kamera vir haar gekoop toe sy nog op skool was en later het sy besluit om haar vrye tyd te gebruik om haar vaardigheid te verbeter. Nadat hy haar tweede fancy kamera met verskillende lense aangeskaf het, het sy begin om vriende en familie ook af te neem. Sy het ook ‘n fotografie-kursus gevolg.

“Ek was in ekstase,” onthou sy. “Ek het regtig besef dat dit my passie is. En dit is nogsteeds my passie!

“Na ‘n fotosessie kan ek nie wag om by die huis te kom om die foto’s op my rekenaar af te laai nie,” vertel sy. “Ek sal soms ure later wakkerbly net om al die volgende oggend vir my kliënte ‘n sneak peek te stuur.”

Die lekkerste deel van haar werk is om voortdurend te leer en te verbeter deur nuwe tegnieke en idees te toets. “Dit is nooit boring nie,” sê sy. “Dit is nie vir my net nog ‘n werk nie. Dit is regtig vir my ‘n passie.

“Laataande, wanneer die res van my huis snoesig lê en slaap, dink ek al aan die volgende projek. ‘Hoe kan ek dit beter maak? Wat gaan dit mooier maak?’

“Ek sê gereeld vir mense: ‘Hoe weet jy, jy is ‘n fotograaf?’ Wanneer jy met vakansie is en dink: ‘Oe, hierdie plekkie sal perfek wees vir ‘n fotosessie’. Of as jy in ‘n winkel stap, ‘n rok sien en dink: ‘Dit sal nou mooi lyk vir ‘n swangerskap-fotosessie’.”

Sy sê die thrill lê daarin dat elke dag nuwe mense, nuwe plekke en nuwe idees inhou. Ten spyte van die laat aande op ver paaie. “Dìt maak alles die moeite werd.”

Janine fokus veral op troues, swangerskap- en pasgebore sessies, asook familie-foto’s. Kliënte kan kies van verskeie pakkette waarvan die mees basiese begin by R6 800. Die meeste van haar pakkette sluit ‘n fotograaf vir agt ure op ‘n dag in.

‘n Tweede fotograaf kan ook versoek word en met die duurder pakkette sluit sy ook ‘n paartjie-sessie in.

Haar kliënte bevestig haar toegewydheid om net die beste te lewer.

Ashley van Zyl is op 31 Desember 2016 getroud. Sy sê Janine is ‘n “stunning fotograaf en het so baie moeite gedoen met ons foto’s”. Ashley was veral beïndruk met die detail wat sy afgeneem het en hoe sy hulle gemaklik laat voel het, “asof ons al lank vriendinne was”.

Lindsey Barwick sê dat Janine die dag vasgevang het presies soos wat hulle wou hê en waarop hulle gehoop het. Hulle is op 28 April 2017 getroud. “Thank you for your patience and kindness on our wedding day,” sê sy. “Stunning!”

Janine sê die beste raad wat sy vir voornemende bruidspare kan gee is om te soek na kwaliteit in plaas van kwantiteit. “’n Paar pragtige foto’s is baie beter as duisende foto’s wat niks werd is nie,” waarsku sy. “Kyk na elke fotograaf se portefeulje voor jy na die pryse kyk. As dit buite jou begroting val, spaar dan eerder so bietjie langer.”

Kontakbesonderhede:

Selnr: 078 7800 640

E-posadres: [email protected]

Webadres: Onder konstruksie, maar binnekort beskikbaar

Verskafferslys op Trou Idees

Trou Idees maak nie self van die dienste gebruik nie en maak staat op die eerlikheid van eienaars om ‘n akkurate weerspieëling van die produk of diens te gee. Enige terugvoer wat nie met hierdie artikel ooreenstem nie, kan gestuur word aan [email protected]. Dit sal na die betrokke besigheid verwys word vir kommentaar.