{Kollig} Mega Music DJ’s: Goed genoeg vir Weiveld, goed genoeg vir jou!

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0

Deur Trou Idees

As jy die musiek doen en platejoggies verskaf vir die uiters gewilde kuier-en dansplek Weiveld in Pretoria, dan kan jy jouself daarop roem dat jy die nommer een DJ maatskappy in Pretoria is!

Mega Music DJ’s is geleë oorkant die Elarduspark Winkelsentrum in Pretoria-Oos, maar verskaf platejoggies, musiek en vermaak oraloor die provinsie en selfs verder.

Raynhardt Helberg, die eienaar, en Wesley du Plessis, die bestuurder, het die besigheid in 2008 begin met die oog daarop om die grootste DJ-maatskappy in Gauteng te word.

“Ons het besef die bedryf het iets vars nodig,” sê Raynhardt. “Die liefde wat ons het vir musiek, diens en mense weerspieël ook hoekom ons dit begin het. Die idee is dat ons ‘n ‘one-stop shop’ wil wees vir al ons kliënte.”

Dié drie belangrike kenmerke is vir hulle ook die lekkerste deel van die werk. “Om te sien hoeveel vreugde ons bring om iemand anders se troudag of funksie spesiaal te maak, is lekker,” sê hy. “Om ‘n DJ te wees is nie maklik nie, maar om daardie oomblik te beleef wanneer mense die musiek geniet is kosbaar.”

Hulle toewyding en professionaliteit spreek uit die terugvoer wat kliënte oor hulle diens het.

Dean en Nicolene het in April by Gabbata Lodge in Pretoria getrou en is vol lof vir die leiding wat Mega Music hulle gegee het. “Ek is so bly ons het die goue pakket gekies. Dit het geloop soos stroop. Dit was perfek, net soos wat ons dit wou gehad het.”

Hulle reputasie loop hulle ver vooruit. Pieter en Alisha, wat in Maart by Candlewoods Boutique getrou het, kan nie uitgepraat raak oor die diens wat hulle ontvang het nie. “Hulle is professioneel in alle opsigte en stap die ekstra myl vir jou. Doen wat jy vra en stel jou gerus op jou special dag. Ons troue was awesome gewees. Danie Raynhardt vir jou puik diens. Vandag is jy nie net ons DJ nie, maar ‘n vriend ook. Keep up the good work Mega Music DJ’s!”

Selfs dit wat Raynhardt meen hulle werk uitdagend maak, het meer te doen met die kwaliteit van diens, as dat iets onaangenaam is. “Die grootste uitdaging is om seker te maak dat ‘n funksie goed afloop sonder komplikasies,” sê hy. “Mens werk met elektroniese toerusting en daarom is dit belangrik vir ons om gereelde terugvoer en inspeksie te doen na funksies, sodat die volgende funksie ook ‘n sukses sal wees.”

Na nege jaar in die bedryf met baie insae in hoe bruidspare met mekaar praat en teenoor mekaar optree onder geweldige spanning, sê Raynhardt kommunikasie is allerbelangrik. “Kommunikasie is baie belangrik of dit nou voor die huwelik of na die huwelik is,” sê hy. “Geniet elke oomblik saam mekaar. Koester mekaar. Wees oop met mekaar. Hou aan om op dates met mekaar te gaan. Moenie opgee op mekaar nie. Komplimenteer mekaar. Maak tyd om fun te hê en hou God altyd as julle middelpunt.”

Mega Music DJ’s verskaf platejoggies vir troues, verjaardae en korporatiewe funksies asook verhurings van klank en beligting. Hulle doen ook videografie.

Kliënte kan kies uit brons, silwer en goue pakkette wat begin by R2 500, maar kan ook uitkyk vir spesiale maandelikse aanbiedinge op die webwerf.

Kontakbesonderhede:

              Adres: 854 Barnardstraat, Elarduspark.

             Kontaknr: Raynhardt 0760370169 – Wesley 0782663840

             E-posadres: [email protected]

             Webadres: www.megamusicdjs.co.za

             Facebookadres: https://www.facebook.com/MEGAMUSICDJS1/

 

            Skakel na TrouGids.

 

Trou Idees maak nie self van die dienste gebruik nie en maak staat op die eerlikheid van eienaars om ‘n akkurate weerspieëling van die produk of diens te gee. Enige terugvoer wat nie met hierdie artikel ooreenstem nie, kan gestuur word aan [email protected]. Dit sal na die betrokke besigheid verwys word vir kommentaar.

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0