Leandra & Steve {Tuin-tema}

Tema van jou troue: Tuin

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Leandra
  • Naam Van Bruidegom: Steve
  • Datum en Tyd van troue: 25 November 2017 @ 15:00
  • Venue/plek van troue: Ons eie kerkie, die Nederduitsch Hervormde Kerk JHB-Suid
  • Aantal gaste: 60

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koördineerder: Ons self
  • Fotograaf: Shanelle De Jong
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid se rok gehuur by Bon Bon’s in Alberton Bruidsmeisies se rokke is self uitgekies of laat maak.
  • Bruidegom en mans pakke: Oriental Plaza
  • Blomme: Multi flora – Flower Centre
  • Dekor: Self gedoen
  • Koek: Sugar n Spice – Alberton
  • Spyseniering: Familie

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet:

Ek en Steve kom ‘n lank pad al saam. Hy is Engels ek is Afrikaans. Ek het op laerskool baie van hom gehou. Ek onthou hoe hy my altyd gegroet het en dan het ek gebloos en net weggeloop. Toe ons hoërskool toe is, het ons paai geskei. Maar na ‘n paar jaar was dit die Here se wil om ons paaie weer te laat kruis. Die liefde het weer vlam gevat!

  • Hoe lank het julle mekaar geken:

Van laerskool af

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):

Hy het vir my ‘n verrassing “verjaardagpartytjie” gereël. Al ons vriende is uitgenooi.

Later die aand het hy die mikrofoon gevat, op sy regterknie afgesak en my gevra om te trou.

Hy het vir my ‘n lucky packet ring gegee. Ek het nog altyd gesê ek sal selfs gelukkig wees met ‘n lucky packet ring, so dit was ‘n spesiale ding tussen ons!

Eers daarna het hy dié ring afgehaal en vir my, my regte verloofring gegee.

  • Die troue (van a-z):

Ons troue was seker die mooiste vir my omdat daar baie harde werk ingegaan het en ons die meeste van dit self gedoen het. Ons het al die dekor in die kerk en die saal self gedoen. Almal het ingespring om te help.

Die blomme is gedoen by Multi Flora deur John by die Flora Centre. Die koek is gedoen deur Sugar n Spice deur Corné.

In die kerk het ons houers met brandende kerse langs die banke laat hang om daai spesiale gevoel te skep.

Ons het nie ‘n tuintroue gehad nie, maar het die tuin in ons tema ingebring. Daar was klein emmertjies op die tafels vir die tandestokkies wat met blommetjies en lint versier is. Ons het ook gieters met blomme daarin as deel van die dekor gebruik om verder die idee van ‘n tuin te skep. Die bruidsruiker en bruidsmeisies se blomme het elkeen verskillende gelyk, maar het almal skoenlappers in gehad.

Ons het die tafelnommers self gemaak. Daar was ‘n foto van ons twee daarop.

  • Raad vir toekomstige bruide:

My raad vir elke liewe bruidjie is om te glo in jou droomtroue ongeag finansiële druk of negatiewe kommentaar. Onthou dis jou dag en moenie dat iemand jou onderkry nie. Daar is altyd ‘n Plan B vir alles. Neem elke oomblik van die troudag in, want dit is verby in ‘n oogwink.

  • Die beste deel van jul troudag:

Die beste deel van my troudag was toe ek afloop in die paadjie en ek sien my beste vriend. My ander helfte. My alles. My toekomstige man. En hy begin huil toe hy my sien! Ek was dwarsdeur die beplanning baie emosioneel en gespanne. Maar toe ek hom sien, het alles net weggesmelt. Ek het geweet ek het my droomman gekry en hy is myne vir altyd.

Kry die nuus eerste!!
Kry ons nuutste nuus!
Ons nuusbrief bevat al die nuwe troues en nuus om jou te help met jou perfekte troudag!
Teken in
close-link

This website is maintained by

%d bloggers like this: