Marius & Zelda {Denim & Lace}

Tema van jou troue: Denim & Lace

 

Persoonlike Inligting:
Naam van Bruid: Zelda Terblanche (Venter)
Naam Van Bruidegom: Marius Terblanche
Datum en Tyd van troue: 17 Maart 2018 om 16h00
Venue/plek van troue: Brunfelsia, in hul woud en die saal
Aantal gaste: 100

Diensteverskaffer Inligting:

Trou Koordineerder: Self, ek het die hele troue in omtrent drie dae gereël en net die klein goedjies het na die tyd bygekom

Venue, spyseniering: Brunfelsia Estate, Lorraine

Dekor, blomme: Fresh ideas, Michelle & Danelle

Koek: Ilze Swanepoel (vriendin)

Bruid- en bruidmeisierokke: Gelique

Bruidegom- en manspakke: Truworths en Woolworths

Kousband: Garter Girl

Hare: Absolute Hair, Bianca Oosthuizen

Grimering: Ilze van der Westhuizen

Fotograaf: Reynardt Photography

Videografie: Catchframe Videography, Anton Van Wyk

Hommeltuig: Andre Grove from AV Africa

DJ: DJ-Dekra, De-Jan Kruger

Danskoordineerder: Step2dream DANCE Academy, Stephan

Geskenkies: Koekie krummels

 

Oor die bruidspaar:
Hoe en waar het julle ontmoet:

Ek het begin om aksie netbal te speel en ons het daar al vir mekaar begin koekeloer. Later moes ek ‘n vergadering tussen ons reel om hom te help om voor te berei vir ‘n oudit.

Hoe lank het julle mekaar geken:

18 maande

Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):

Alleen tydens ‘n romantiese aandjie…meer as dit kan ek nie in ‘n onderhoud sê nie

Raad vir toekomstige bruide:

Moenie stres nie, wees rustig en wees anders. Hê ‘n troue wat almal sal onthou, al is dit ‘n skewe koek of ‘n cool openingsdans. Geniet elke sekonde want die dag gaan baie vinnig verby.  Staan kort-kort stil, haal asem en neem alles wat jy om jou sien en beleef in. Geniet die dag, moenie wonder of die tafelkaartjies reg is, en of hulle die regte musiek op die regte tyd gaan speel nie. Vat elke oomblik soos wat dit kom omdat dit die belangrikste is dat jy en manlief JULLE dag geniet.

Die beste deel van jul troudag:

Toe ek by die woud ingestap kom en ons mekaar sien, en beide van ons in trane uitbars. Hy sê dat ek mooi gelyk het met die rok, hare en grimering maar wat die mooiste was, is die geluk wat uit my uit gestraal het. Hy kon sien dat ek werklik gelukkig was.

 

Die troue (van a-z):

Elkeen verdien haar sprokiesverhaal, jou ridder kom dalk nie dadelik nie maar eers as jy 37 jaar oud is (soos ek).

Die troue/partytjie was al waaroor ons klompie vir drie maande by die werk gepraat het. Almal het uitrustings gaan soek of laat maak.

Ons het al vyf kinders in die familie betrek met die troue – en tussen my en Marius is vier ons s’n! Die seuns, Juvan en Zèan, was sy strooijonkers (beide Marius se seuns) en die twee groot dogters – Nadia en Zène (my oudste) – was my strooimeisies en Zani, my driejarige, was die blommemeisie.

Die weervoorspelling vir daardie Saterdag was reën, maar ons het doodeenvoudig besluit ons WIL in die woud trou. Teen tweeuur die middag was dit tyd om finaal te besluit en ons het voet by stuk gehou of dit nou reen, hael of sneeu, trou gaan ons in die woud trou.

Ek het die Vrydag voor die troue die dorp mal gehardloop op soek na reen-boots vir my en die strooimeisies. Saterdagoggend het ons die boots gehad, maar gelukkig het ons dit toe nie nodig gekry nie. Ek het die oggend van die troue gou weer by Woolworths ingehardloop om nog ‘n paar boots te kry, om te kyk wat die mooiste by my rok pas. Nou het ek vier pare boots! Ek het eintlik net ‘n verskoning gesoek om boots te koop!

Ons het nie baie blomme op die troue gehad nie, net die handruikers, ons krone en op die bruidstafel. Sjoe, mens kan nogal spaar as jy nie baie blomme gebruik nie.

Ek het die dekor vir dit tafels seker vier keer verander. Arme Michelle en Danelle van Fresh Ideas, was verskriklik geduldig met my. Sien, mens moet eintlik nie te lank vooruit aan jou troue beplan nie, want dan het jy meer tyd om jou keuses te verander.

Die tafeldekor het bestaan uit roosgoud tafeldoeke met ‘n vlootblou runner, roosgoud onderborde, kandelare en kerse. Wit sambrele het onderstebo met feetjieliggies daarin van die dak af oor die dansbaan gehang

Ek het ook probeer om so bietjie van manlief se menswees in die dekor te weerspieel en dit persoonlik te maak. Daar was ou kameras en ‘n brons tjello en baskitaar omdat hy ‘n videograaf en musikant is. Dit het vir hom geweldig baie beteken.

Die dankie-geskenkies was die lekkerste denim & lace koekies van Koekiekrummels, in die vorm van ‘n denim se gatsakkie. Ons het dit sommer op die geskenktafel neergesit – soos wat jy jou koevertjie neersit, kan jy ‘n koekie vat, het ons gereken…hahahaha.

Ons woudtroue was perfek, omring met die mense wat vir ons lief is. Niemand het tydens die seremonie gesit nie omdat dit net vyftien minute lank was. Daar was wel stompe hier en daar vir die wat dalk wou sit.

Die troukoek is gemaak deur ‘n vriendin, Ilze Swanepoel. Dit het bestaan uit twee lae Blue Bugs Shooters met kaaskoek bo-op en doughnut-torings aan die kante. Toe manlief die koek sny en vir my ‘n stukkie wou voer, het ek die grootste hap gevat wat ek kon, want ek HET mos ‘n groot mond! En toe hap ek alles met een hap op. Ag, ons het lekker gegiggel want dit is hoe almal my ken. Vol pret en grappies.

Ons gaste se dragkode was ook denim en lace, want ons wou he almal moes gemaklik wees sodat ons lekker kon partytjie hou na die tyd. Dit was my doel: Die lekkerste troue en die lekkerste partytjie. En almal het gedink dit was ook so.

Die openingsdans het met die stadige liedjie Endless Love van Lionel Richie begin. Ewe skielik het twee jongmense opgehardloop gekom, geskree dat ons moet stop vir die DJ gevra om iets anders te speel. En toe begin ons saam met hulle op maat van Kenny Loggins se Footloose te lyndans! Dit was awesome en die gaste was gaande daaroor. Daarna het ons die gaste genooi om saam met ons te lyndans op Achy Breaky Heart. Almal het eers rondgestaan en trap-trap-trap, maar toe vat hulle vlam en dans lekker saam.

Ons het besluit om nie die kousband te gooi nie omdat my dogter hom baie graag wou he as aandenking. Ek het nie ‘n sluier gehad wat sy kon vat nie. Ons het wel dat my man ‘n fyn, rooi stukkie onderklere onder my rok “uithaal”, wat hy opgeveil het vir R400.

Later is ons altwee ook geblinddoek terwyl die mans op my en die vroue op hom geld moes vassteek. Ons het die blinddoeke opgehou en moes toe probeer om die geld van mekaar af te haal. So al gebukkende en hier en daar raakgesteek. Ek het die heeltyd gelag. Mens sien net mond en tande!

Op die tafels was daar geen vonkelwyn nie, slegs melktertjie-shooters. Mens moet mos anders wees, en dis beslis nie ons nie.

Manlief – ‘n kranige skrywer en musikant – het probeer om vir my ‘n liedjie te skryf, maar het moed opgegee. Hy se hy het nie woorde wat my kan beskryf nie! Toe het hy kitaar gespeel en vir my die enigste liedjie wat werklik sou pas, gesing. Albei van ons weet hoeveel diepe betekenis die opregte verklaring van die woorde: “I’m no longer a slave to fear, I am a child of God…” vir ons het. Ag, en toe tjank ek toe mos weer lekker. My grimering!

Daar was redelik baie eenhede op die perseel beskikbaar waar die gaste en familie kon oorslaap en die volgende oggend het ons almal saam ontbyt geeet.  

 

Kry die nuus eerste!!
Kry ons nuutste nuus!
Ons nuusbrief bevat al die nuwe troues en nuus om jou te help met jou perfekte troudag!
Teken in
close-link

This website is maintained by

%d bloggers like this: