Monique & Rikus {Glas en Kristal met sagte pienk}

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0

Persoonlike Inligting:
• Naam van Bruid: Monique Van Zyl (nou Vosloo)
• Naam Van Bruidegom: Rikus Vosloo
• Datum en Tyd van troue: 13 Februarie 2016, 4 uur
• Venue/plek van troue: Diens – Euphoria Golf Estate Seremonie – ‘n Stoor op een van ons vriende se plaas.
• Aantal gaste: 200

Diensteverskaffer Inligting:
• Trou Koordineerder: Ek en my moeder
• Fotograaf: Christopher Smith Photography
• Videograaf: Firs Kiss
• Makeup: Daret Makeup
• Hare: Chriselle Potgieter
• Bruid se rok: Erika Mengouchi Haute Couture
• Bruidmeisie rokke: Ingevoer van China
• Bruidegom se pak: Coquis
• Manspakke – Woolworths
• Blomme : Skoonma – Annarien Vosloo
• Dekor: Vader en Moeder – Johan van Zyl, my pa het die saal gedrapeer met die wit lappe en Amanda van Zyl, my ma het potjies, blomme, kersies, lap, underplates ens gehelp uitkies
• Koek: Moeder – Amanda Van Zyl
• Spyseniering:Moeder – Amanda Van Zyl

Oor die bruidspaar:
• Hoe en waar het julle ontmoet: My pa het vir Rikus by die Nedbank Golf Challenge ontmoet en gedink dit is die perfekte ou om aan my voor te stel. So was ons in Ballito Desember en hy het by sy pa op die plaas naby Empangeni gaan kuier. My pa het toe met hom gereel om een dag saam met ons te kom spandeer en toe ek hom ontmoet het was dit regtig liefde met die eerste oogopslag!
• Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het mekaar 2 jr geken voor ons getrou het.
• Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons het vir die dag Magoebaskloof toe gegaan en ‘n “canopy tour” gedoen… Ons altwee se sussies en hulle mans was ook saam. Na die opwindende “slides” het ons ietsie geeet en sy sussie en haar man het toe by ‘n uitkyk plek mooi gaan maak! Roosblare op die grond, tafel met ‘n bos blomme, 2 glasies en ‘n bottel sjampanje! Hy het voor geloop, ek het heeltyd op die grond gekyk want die pad was maar bietjie klipperig, toe ek weer sien is ons op die plek met die mooiste waterval voor ons en hier sak die man op sy knieg. Dit was rerig ‘n groot verrassing!
• Die troue (van a-z): Dit was die perfekte sonskyn dag! Bietjie warm want dit was in Februarie. My strooimeisies het my kom wakker maak met koffie in die bed! Ons het opgestaan en na die huis toe gegaan waar ons gaan mooi maak. Rikus het nog ‘n paar goedjies gehad om te doen. Hy het gaan kyk dat als reg is by die saal waar die onthaal gehou was en gekyk of als reg is by die kroeg, aangesien ons als self gedoen en gereel het. Die mooi maak was so lekker, die tyd het net vreeslik vinnig verby gegaan. Toe ons nog besig is om fotos te neem, het dit ewe skielik begin drup. Niemand wil my laat stres nie en sê net dis ‘n paar druppeltjies, dit sal nou oorwaai! Die seremonie was op ‘n gholfbaan – buitelug troue… Die tannie wat gekyk het dat als reg is by die seremonie het my ma baie benoud gebel en gesê: Amanda dit sous hier! Wat moet ons doen? My ma het nie geweet wat om te doen nie, seker ook maar gestres en net gesê: Dorea, wag net dit sal nou oorwaai! Dit hoor ek natuurlik eers na die tyd! By ons het dit net vir so rukkie liggies gedrup! Rikus se 10min voor die troue begin toe is die reën oor en dis oopgetrek! Toe is dit so lekker afgekoel en die lekkerste varsste reuk hang in die lug! Ek is so bevooreg dat my pa saam met my die paadjie kon afstap en my vir Rikus gee. Die diens was so mooi en die dominee het darm ‘n paar grappies ook gemaak. Na die diens het ons ‘n hele paar familie fotos geneem. Ek het vooraf ‘n lys gemaak van wie saam wie afgeneem moet word, sodat dit vinniger kan gaan en ons nie vergeet om ‘n spesifieke foto te neem nie. Toe het ons saam met ons strooimeisies en strooijonkers in die veld gaan fotos neem, dit was baie pret! Ons het so lekker gelag! Die gevolg is toe saal toe en ek en Rikus het toe gou ‘n paar fotojies saam geneem. Mans oor die algemeen hou mos nie van so baie fotos neem nie! Hy het so nou en dan bietjie gekla, haha, maar het maar geglimlag vir die fotograaf! Die liedjie waarmee ons in die saal ingestap het was, Boeretroue van Kurt Darren . Die liggies in die dak, die pers ligte wat van onder af skyn en al die kersies op die tafels het so mooi romantiese atmosfeer geskep. Ons het so gou as moontlik met die toesprake begin, want die dansvloer moet oopgemaak word! Na die toesprake het ons geeet, die kos was so lekker! My ma het al die kos self gemaak. Daar was room spinasie, pampoenkoekies, mielietert, kerrie frikkadelle, hoenderpastei, gammon met ‘n mostert sous, skaapboud, rys, aartappelslaai, beet, gemengde slaai en vir nagereg, malva poeding en ‘n karamel meringue koek. My gaste praat nou nog oor die lekker kos! Ons het na ete uiteindelik die dansvloer oopgemaak met Dans van Riana Nel. Dit was rerig nog die lekkerste dans wat ek al ooit met hom gedans het, daardie 3 minute het vir my gevoel of dit net ek en hy in die saal is en was van voor af weer smoorverlief op hom! Ek en my pa het ook darm ‘n dansie in gekry en ons het op n Dans met pa van Johan Stemmet gedans. My ouma was natuurlik in trane! Die gaste het begin dans en ons het tot half 5 die oggend troue gehou. Dit was sover nog die lekkerste en mooiste dag van my lewe. Al die herhinneringe en spesiale oomlikke sal vir altyd onthou word!
• Raad vir toekomsige bruide: Beplan mooi en maak lysies. Sorg dat als gedoen is voor jul troudag dat julle die dag net ten volle kan geniet!
• Die beste deel van jul troudag: Toe ons as Mnr en Mev Vosloo uit die seremonie stap en die mense ons met die confetti gooi!

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0