Nuuste Verloofring Tendense

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0

Meeste dames droom nie net van hulle trou dag nie maar hulle droom ook van die ring wat hulle eendag aan hulle vinger gaan dra. Wanneer dit kom by verloofringe en troupante het elkeen hul eie smaak en styl waarvan hulle hou.

Volgens Bobby Scheussler (whattowear.com) is daar wel sekere ringstyle wat ophef maak. Daar is byna iets vir almal en die nuutste tendens behoort genoeg inspirasie te wees wanneer die groot soektog na die perfekte ring begin.

Die volgende word beskou as die nuuste verloofring tendense:

 

Die ‘Halo’ – Ring

Die klassieke ‘Halo’-snit met unieke elemente is ‘n styl wat meer en meer oorweeg word. Wanneer mens die word “halo” hoor, verskyn die tekenprentjie van ‘n engel met ‘n ligkrans bo die kop in ons verbeelding en die “halo” gee ‘n gloeiende en helder voorkoms aan die engel-prentjie.
‘n ‘Halo’ ring het min of meer dieselfde kenmerke – ‘n edelsteen wat omring word deur klein micro-pave diamante wat die lig reflekteer en fokus op die groter edelsteen in die middel om ‘n helder en gleoende effek te gee.

halo rings

Gekleurde Edelstene

Terwyl meerderheid bruide nog eerder verkies dat ‘n diamant aan hul vinger skitter, is daar ‘n hele paar bruide wat wel ‘n ander roete volg. Wanneer daar na ringe met gekleurde edelstene kyk word, hou baie van die klassieke blou safier maar meer en meer bruide begin ook kyk na ander gekleurde opsies om aan die vinger te pronk. Edelstene soos Aquamarine, Morganite en Amethyst val onder van die gunsteling opsies.
Afhangede van die styl en smaak word opsies soos die robyn en en emerald ook oorweeg byvoorbeeld met “vintage” –ringstyle.

gekleurde edelstene

Prettige Geometriese Vorms

Alhoewel die mees gewildste verloofring vorm steeds die ronde wit diamant is, spog baie bruide deesdae met iets heeltemal anders. Bruide se perssonlikhede en unieke smaak word weerspieël in prettige geometriese vorms byvoorbeeld peer vorm, ovaal en marquise. Ander vorms soos vierkante, “infinity – signs” en hartjies is ook besig om al hoe meer gewild te raak.
Daar is selfs bruidspaartjies wat verkies om net die metaal in ‘n sekere vorm te giet met geen steen nie.

geometriese vorms

Vintage Inspirasie

Die is baie meer as net die ring wat jou ouma grootjie se ouma grootjie gedra het. Die is vir al die bruide wat hou van “something old” en ook daarvan droom om die “vintgae” tema by hulle troue in te bring maar wonder oor die ring.
Die “vintage” –styl ringe neem ons terug na ‘n ander tydperk met delikate detail en fyn persoonlike afronding. Die ringe is jou tipiese klassieke-romantiese ringe wat elegant is en beslis aandag trek.
Sommige bruide mag dalk verkies om nie heeltemal “vintage” te gaan nie maar om eerder net elemente daarvan by die ontwerp van hulle ring in te bring byvoorbeeld filigrein, gravering of “milgrain” afwerking.

vintage ringe

Wat dink julle van die tendens?

Wat is jou persoonlike smaak of gunsteling verloofring styl?

Hoe lyk jou verloofring of troupant?

Laat ons weet deur komentaar hieronder te lewer.

Lady Temcke
Xxx

Foto Bronne: Alles via Pinterest

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0