Ons het ‘AWESOME’ nuus!

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0

cw-logo-black

Ons deel graag die goeie nuus met JOU –  omdat JY Trou Idees ondersteun en help groei het! Ons kon nie DIT nie sonder JOU gedoen het nie! Baie dankie!!

Trou Idees se “Vra jou vraag” funksie het so groot geword dat ons moes plan maak! Soos julle self gesien en beleef het, is ons Facebook bladsy vol bruide met vrae, hoe dan nou anders? 🙂

Ons het gaan sit en hard gedink hoe ons die diens beter kan maak. Nie net beter nie maar nog meer asemrowend!! Daar was wonderlike idees maar tog was daar net EEN wat rerig ‘n verskil in die trou-gemeenskap sal maak!

‘n Stelsel waar:

  1.  jy vrae kan vra soveel as jy wil!
  2. jy vrae kan vra aan die hele publiek!
  3. stembusse (polls) kan maak vir vinnige antwoorde.
  4. onderwerpe maak wat nie net jou help nie –  maar ander ook.
  5. ‘blogs’ kan skryf en dadelik jou lesers trek met spesiale pryse.
  6. gebeure (events) kan skep en mense dit dadelik sien.
  7. dokumente kan laai en deel met mense wat antwoorde soek.
  8. dadelik met jou diensverskaffer kan praat.
  9. jy dadelik jou diensverskaffer se werk kan sien.
  10. jy direk by jou diensverskaffer kan koop, of self jou trourok verkoop.
  11. ALLES NET OP EEN PLEK IS!

Dit klink soos Facebook nie waar nie? Maar Facebook bied nie alles in een stelsel met al die bogenoemde opsies nie. Plus jy weet self hoe alles deurmekaar kan lyk en word op Facebook.

Dis waar ChatWedding.com inkom wat al die dienste op 1 platform bied! Dis Gratis om te gebruik en jy kan alles gebruik wat jy wil, wanneer jy wil.

Ons nooi jou uit om van die eerstes te wees wat op die stelsel kan registreer en gereed kan maak waar jy wil. Begin met ‘n blog of as jy fotograaf is begin van jou fotos oplaai! Deur om nou te begin, gaan jy gereed wees om jou dienste eerste te wys! Jy kan ook jou winkel begin opstel.

So ek hoop jy wil al begin na al die lees 🙂

Besoek webwerf: https://chatwedding.com.

Ons hoop rerig jy is net so opgewonde soos ons! Ons wil saam met jou ‘n trou gemeenskap bou waar geen bruid alleen of verlore gaan voel nie!

Tot later
Trou Idees & ChatWedding span

Deel met jou vriendeShare on Facebook0Tweet about this on TwitterPin on Pinterest0Share on StumbleUpon0Share on Reddit0