Het jy al gesien hoe almal ‘n glimlag kry en sommer net gelukkig lyk wanneer hulle vertel hoe hulle en die geliefde mekaar ontmoet het? En het jy al dopgehou hoe almal wat die storie aanhoor ook glimlag? En dan, sonder dat hulle dit sê, hoe almal breër glimlag wanneer hulle self dink aan daai Regte Liefde?

By Trou Idees hou ons van stories, van gelukkig en van glimlag. Maar die meeste van LIEFDE. So deel asb jou Regte Liefde storie met ons en ons lesers en laat iemand vandag glimlag.

Werner & Yolandi {Regte Liefde}

Sy kyk op haar horlosie en besef sy gaan nie die werk klaar kry nie. Haar hande slaan uit in koue sweet. Sy het duur betaal vir vanaand se funksie en sy wil dit nie misloop nie. Sy loer weer na die tyd onder op die rekenaarskerm. “Ek sal nie ...