Zelda & Richard {Skape, windpompe en pampoene}

Tema van jou troue: Skape, windpompe en pampoene

Persoonlike Inligting:
– Naam van Bruid: Zelda Beadon
– Naam Van Bruidegom: Richard Beadon
– Datum en Tyd van troue: 23 September 2017 15:00
– Venue/plek van troue: Klokfontein Wedding & Game Farm in Parys, Vrystaat
– Aantal gaste: 85

Diensteverskaffer Inligting:
– Trou Koördineerder: Self alles gereël
– Fotograaf: Yolandi du Plessis Photography
– Bruid en bruidsmeisie rokke: The Maiden
– Bruidegom en mans pakke: Euro Suit
– Blomme: The Love Knot
– Dekor: Self (DIY)
– Koek: Lynette Rademan Share – Pretoria
– Spyseniering: Marietjie Galloway – Odendaalsrus

Oor die bruidspaar:

  • Hoe het julle mekaar ontmoet:

Ons het deur ons beste vriend ontmoet. Ons het eers niks daar van gedink nie en mekaar maande later by hierdie vriend se daknatmaak-partytjie weer raakgeloop. Ons het saam begin kuier en hy het my toe op ons eerste date gevat.

  • Hoe lank het julle mekaar geken:

Ons ken mekaar al amper ses jaar en ons is al meer as vyf daarvan ‘n paartjie.

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):

Hy het my op 13 Februarie 2016 by Sun City in die Palace se woud gevra om te trou. Hy moes twee keer op sy knieë gaan, want toe ek die ring gesien het, het ek in trane van blydskap uitgebars.

  • Die troue (van a-z):

Ons is op 23 September 2017 op ʼn plaas buite Parys in die Vrystaat op die Lindequesdrif-pad getroud.

Ons het baie vroeg begin beplan en ek het meeste van die dekor self ontwerp en gemaak.

Ons het nie ʼn baie groot begroting gehad nie, maar ons het dit maak werk. Ons het ook geweet dat daar sekere plekke is waar ons nie wou afskeep nie en ons het lank gespaar vir daai afdelings.

Ons wou ʼn plaas as venue gehad het en het eindelik op Klokfontein afgekom. Dis ‘n ongelooflike mooi plaas met vier tarentale wat ons orals heen gevolg het.

Ons tema was skape, pampoene en windpompe en die tafels se name was Afrikaanse dorpe in Suid-Afrika.

Die geskenkies was selfgemaakte karringmelk beskuit. Ons het besluit om iets anderste te doen as vonkelwyn en toe self melktertjies gemaak met kaneel. Ons het ‘n ou houttrokkie wat by my ouers se huis gestaan het, mooigemaak en die ringe agterop gesit.

Almal het na die seremonie op die gras buite ontspan met speletjies en drink- en eetgoedjies.

Die seremonie was in ʼn ou skoolgebou en die onthaal in ʼn skuur op die plaas.

Alles was presies waaroor ons altwee gedroom het en nog meer. Dit het baie beplanning en tyd gevat, maar dit was definitief die moeite werd!

 

Raad vir toekomstige bruide:

Doen die DIY-opsie net as jy kans sien daarvoor.

Dit is nooit te vroeg op te begin te beplan nie.

Bly by ʼn kleurskema.

Moenie op jou fotograaf afskeep nie, want dit is al wat jy oor het van jou droom dag.

 

Die beste deel van jul troudag:

Die hele dag, maar as ons iets moet uitsonder is dit daai oomblik wat jy in daai gang afkyk en daai glimlag op mekaar se gesigte sien en weet: ‘Ons is hier. Ons het dit gemaak en die daar lê nog sooo baie voor!’.

Los kommentaar