Terug na Trou-wysheidDie rol van die seremoniemeester

Die rol van die seremoniemeester

Die seremoniemeester is die kontakpersoon tussen die bruidspaar en alle diensverskaffers. Wanneer iets verkeerd loop, word hy eerste in kennis gestel.

Pligte:

  • Verwelkom gaste by die seremonie
  • Maak seker al die gaste ontvang programme
  • Laat gaste binne gaan wanneer die bruid oppad is
  • Maak seker die musiek is gereed vir die instap
  • Maak seker almal ontvang konfetti na die seremonie
  • Roep name uit van persone wat vir foto's gesoek word
  • Wys vir gaste waar peuselhappies en drankies is
  • Help gaste om hulle sitplekke te kry
  • Doen die verwelkoming en verduidelik kroeg, badkamers en geskenktafel
  • Kondig aan wanneer bruidspaar die onthaalsaal binne kom
  • Roep die persoon vir die tafelgebed
  • Roep persone vir die heildronke en maak seker tafels het vonkelwyn
  • Laat bruidspaar eerste kos skep, roep dan per tafel
  • Kondig elke deel van die aand aan
  • Maak seker die gasteboek doen die rondte
Lees meer oor die rol van Seremoniemeester van 'n Profesionele MC

Kommentaar

0 kommentare

Meld aan of registreer om kommentaar te lewer.

Laai kommentaar...

← Terug