Terms & Conditions
Introduction
These Terms and Conditions govern your use of the Trou Idees website (trouidees.co.za) and our associated social media platforms. By accessing our services, you agree to these terms in full.
Social Media & Community Guidelines
Trou Idees manages the “Verhoudings & Leefstyl” and “Troues & Funksies” communities. To maintain a safe, respectful, and Christian-valued environment, the following rules apply:
- Moderation: We reserve the right to remove any comments, posts, or media and block users who violate these rules without prior notice.
- Content Restrictions: We do not allow posts regarding vaccines, weight loss products, SHEIN/overseas imports, weapons, or “side hustles.”
- Medical Advice: Content is for informational purposes only. No specific medication names or medical advice is permitted. For mental health crises, contact SADAG at 0800 567 567.
- No Negative Reviews: Public “calling out” or negativity toward service providers is prohibited. Complaints must be emailed to info@trouidees.co.za.
- Advertising: Direct advertising is prohibited except for designated “Market Mondays” or via approved advertising packages.
- Language: Users must use respectful language (Afrikaans or English). No profanity (including symbols) is permitted.
Sien volledige reëls — Verhoudings & Leefstyl
Verhoudings & Leefstyl is trots Afrikaans en betrek alles rondom vrou-wees (Engels is ook welkom).
Jy kan raad vra oor enige verhouding, jou huwelik, menstruasie, swangerskap, babas, kinders, algemene leefstyl of enige ander vrae rondom vrou-wees.
- Trou Idees behou die reg om enige ontoepaslike vrae of kommentaar te verwyder; herhaaldelike oortreders sal permanent geblok word.
- Admin moet elke plasing goedkeur voor dit op die blad verskyn.
- Geen advertensies mag direk op die blad geplaas word nie; kontak info@trouidees.co.za vir advertensie-pakkette.
- Mediese vrae moet beperk word; raadpleeg altyd eerder jou dokter of apteker aangesien mediese raad op sosiale media met 'n tikkie sout geneem moet word.
- Geen post wat die name van enige medikasie bevat sal gepost word nie.
- Geen plasings oor vaksiene of inentings word toegelaat nie.
- Ons duld geen vrae of kommentaar waar 'n diensverskaffer in 'n negatiewe lig gestel word nie; e-pos klagtes eerder na info@trouidees.co.za.
- Indien jy iets onder Admin se aandag wil bring, stuur 'n inboks of e-pos; moenie dit anoniem plaas nie.
- Geen vrae wat aan Admin gerig is, sal op die blad beantwoord of bespreek word nie.
- Ons verwyder enige plasings wat irrelevant is tot die doel van die blad.
- Moenie 'n nuwe anonieme plasing doen om op iemand anders se post te reageer nie.
- Plaas asseblief jou eie vraag as 'n nuwe post eerder as om dit in iemand anders se kommentaar te vra.
- Moenie vrae plaas wat maklik op Google gevind kan word of deur 'n vinnige oproep aan 'n instansie nie.
- Die blad is gebaseer op Christelike waardes; ons sal plasings en kommentaar verwyder wat nie hiermee belyn is nie.
- Gebruik asseblief ordentlike taalgebruik met korrekte hoofletters en leestekens.
- Geen kru taal of vloekwoorde word toegelaat nie, selfs al word letters met simbole vervang.
- Moenie produkte of dienste adverteer op 'n plasing waar iemand nie spesifiek daarvoor vra nie.
- Geen vrae oor ekstra inkomste, “side hustles” of soortgelyke skemas nie.
- Geen plasings om nuwe vriende te maak of liefde te vind word toegelaat nie.
- Geen poste vir werksgeleenthede, werksoekers of agentskappe (plaaslik of oorsee) word toegelaat nie.
- Geen vrae of kommentaar oor gewigsverlies produkte, eetlusdempers of maaltyd vervangers nie; alle sulke kommentaar sal verwyder word.
- Geen plasings of kommentaar oor SHEIN of ander oorsese invoer-maatskappye word toegelaat nie.
- Geen vrae oor die verkoop van of ontslae raak van tweedehandse items nie.
- Wees verdraagsaam teenoor mekaar; indien 'n onderwerp jou nie interesseer nie, hou asseblief verby.
- Behandel almal met waardigheid en respek; geen haatspraak, afknouery of diskriminasie word geduld nie.
- Geen plasings wat valse of misleidende inligting versprei nie.
- Geen plasings oor “scams” of nagemakte (dupe) produkte nie.
- Geen vrae of kommentaar oor lyfstraf of pakslae word toegelaat nie.
- Geen plasings oor selfmoord of selfdood word toegelaat nie; kontak SADAG by 0800 567 567 vir hulp.
- Geen plasings oor enige tipe wapens word toegelaat nie.
- Geen plasings wat vra vir donasies van enige aard nie.
- Alle aktiwiteit op die blad moet voldoen aan Facebook se Community Standards.
Sien volledige reëls — Trou Idees: Troues & Funksies
- Advertensies word slegs op Maandae onder ons amptelike Mark-Maandag Advertensie-plasing toegelaat, asook op spesifieke vrae waar daar vir 'n diens in 'n betrokke area gevra word.
- Trou Idees behou die reg voor om enige ontoepaslike vrae of kommentaar te verwyder; herhaaldelike oortreders sal permanent van die blad geblok word.
- Ons duld geen vrae of kommentaar waar 'n diensverskaffer in 'n negatiewe lig gestel word nie; daar sal geen uitsonderings op hierdie reël wees nie.
- Indien jy 'n slegte ervaring gehad het met 'n verskaffer wat op ons blad adverteer, stuur asseblief vir ons 'n e-pos of inboks-boodskap sodat ons dit kan hanteer.
- Gebruik asseblief korrekte taal en vermy sms-taal, aangesien dit dikwels onverstaanbaar is vir die meerderheid van ons lede.
- Geen kru taal of vloekwoorde word toegelaat nie, selfs al word letters met simbole vervang.
- Geen vrae oor dieet- of gewigsverliesprodukte word toegelaat nie.
- Ons laat geen plasings of kommentaar toe oor SHEIN of enige ander oorsese invoer-maatskappye nie.
- Alle aktiwiteit op die blad moet voldoen aan Facebook se Community Standards.
Intellectual Property
Unless otherwise stated, Trou Idees and/or its licensors own the intellectual property rights for all material on the website. All rights are reserved.
Limitation of Liability
Trou Idees is not liable for any advice given by community members or for the services provided by third-party vendors listed on our platforms.
