
Die rolle van die gevolg
Die Hoof Bruidsmeisie:
- Hou die bruidegom se ring
- Maak seker die bruid se rok en sluier is reg
- Hou die bruid se ruiker tydens seremonie
- Help met uitsoek van rok
- Help met kombuistee en henne partytjie
- Help bruid om reg te maak
- Betaal vir haar rok/skoene/bybehore
- Voorsien eie vervoer en akkommodasie
Die Bruidsmeisies:
- Help met uitsoek van rok
- Help met kombuistee en henne partytjie
- Help bruid om reg te maak
- Betaal vir hul rokke/skoene/bybehore
- Voorsien eie vervoer en akkommodasie
Die Blommemeisie:
- Strooi roosblare voor die bruid instap
- Neem fotos saam met bruidspaar
- Ouers betaal vir haar rokkie/skoene/bybehore en voorsien vervoer
Die Ringdraer:
- Dra ringkussingtjie na bruidspaar tydens uitruiling van ringe
- Neem fotos saam met bruidspaar
- Ouers betaal vir sy uitrusting en voorsien vervoer
Die Hoof Strooijonker:
- Betaal vir pak/skoene/bybehore
- Maak seker diensverskaffers ontvang uitstaande geld
- Maak seker bruidegom is op tyd
- Verwelkom gaste
- Stel eerste heildronk op
- Reël ram partytjie
Die Strooijonkers:
- Betaal vir pakke/skoene/bybehore
- Vergesel gaste na sitplekke (bruid se gaste links, bruidegom regs)
- Help met programme
- Wys gaste na onthaal lokaal
Kommentaar
0 kommentare
Meld aan of registreer om kommentaar te lewer.
Laai kommentaar...