
Wenke vir 'n glansende vel
Nuskinnovation beveel aan dat jy ongeveer ses maande voor jou troue reeds met goeie velsorg wegspring om jou vel se voorkoms te verbeter en troudaggereed te wees.
Hier is Nuskinnovation se raad vir 'n gesonde vel:
Hidreer daagliks jou vel, van binne en buite.
Ons stel die gebruik van Lamelle se hialuronsuur-serum (Hyaluronic acid) voor. Hierdie serum trek vog uit die atmosfeer en bind dit aan jou vel. Onthou ook om elke dag genoeg water te drink!
Goeie gehalte slaap.
Maak seker jy kry genoeg gehalteslaap – 'n moeë lyf is sigbaar op jou vel.
Doen dit, lyfie, doen dit!
Sluit oefening by jou daaglikse aktiwiteite in, al is dit net 'n stap om die blok. Oefening versprei suurstof na die vel wat die voorkoms daarvan verbeter. Boonop sal die endorfiene jou beter laat voel en jy sal meer energie hê.
Vitamien C bou die antiverouderingselle wat keer dat veroudering op jou vel wys.
Ons stel voor dat jy 'n mediese-standaard Vitamien C-serum, soos dié van Obagi, elke dag aanwend om die vrye radikale wat deur besoedeling, spanning, stres en sonblootstelling veroorsaak word, te neutraliseer.
Gebruik 'n mediese-standaard Retinol saans voor jy gaan slaap.
Retinol ondersteun die vel se vernuwingsproses wat voorkom dat dooie selle op die oppervlak van jou vel ophoop. Dit lig pigmentasie uit jou vel (omdat dit plek maak vir nuwe vel onder die buitenste dermis) en help om veluitbrake (breakouts) te beheer. Retinol stimuleer jou vel se kollageen- en elastienproduksie, wat veroudering vertraag. Verder verklein Retinol die voorkoms van porieë en verfyn dit die tekstuur van jou vel, wat jou daardie gesonde glans (glow) gee.
Beskerm jou vel teen die son se ultravioletstrale.
Dra elke dag 'n dermatologies-beproefde sonroom op jou gesig, al is jy nie direk in die son nie. Sonblootstelling is een van die hoofoorsake van velveroudering. Wanneer jy 'n sonskerm kies, wees op die uitkyk vir een wat beskerming bied teen UVA, UVB en HEV (hoë-intensiteit sigbare lig). HEV-strale dring jou vel die diepste binne en veroorsaak die meeste veroudering.
Sit die glans terug in jou vel deur dit goed af te skilfer.
Kies 'n afskilfermiddel (of "peel") wat op die dieper vlakke van jou vel werk, maar wees versigtig dat dit nie die buitenste laag beskadig of irriteer nie.
Nuskinnovation gebruik bekroonde eerstewêreldse lasertegnologie in hul behandelings. Ons is daarop toegespits om die beste en mees doeltreffende kollageenstimulasie, velverjonging, haarverwydering en behandeling van pigmentasie en velonsuiwerhede te bied. Die laserbehandelings lei tot 'n pragtige, egalige vel wat gesond voel en jou 'n prag-glans op jou troudag sal gee. Die Kardashian-familie vertrou ons behandelings – jy kan ook!
Kontak Nuskinnovation om 'n afspraak te maak vir 'n gratis konsultasie en velanalise – die eerste stap om jou vel troudaggereed te kry!
Kommentaar
Meld aan of registreer om kommentaar te lewer.
Laai kommentaar...