
.png&w=3840&q=75)
Sisterhood Joernaal
Kersfees Joernaal
R299.00
’n Spesiale feesseisoen-joernaal wat van vrou tot vrou deur Suid-Afrika reis… 🎄🤍
Elke vrou los ’n stukkie van haar hart daarin, en saam skep ons ’n versameling van stories, herinneringe, gebede en hoop.
Hierdie is nie net ’n boek nie – dis ’n plek om stil te raak, terug te kyk op die jaar wat verby is en die feesseisoen te vier vir alles wat dit mooi en besonders maak.
’n Plek om dankbaar te wees vir die mooi oomblikke, maar ook eerlik te wees oor die moeilike dinge wat ons deur die jaar gedra het. Om stil te staan by dit wat ons geleer het, dit wat ons verloor het, dit waarvoor ons gebid het en dit waarvoor ons steeds hoop.
En bo alles, ’n plek om ons harte weer te rig op die ware betekenis van Kersfees – Jesus, hoop, liefde, genade en die wonder van God se teenwoordigheid. ✨
Elke deelnemer kry die geleentheid om vir 14 dae deel te wees van iets groter – ’n regte sisterhood van vroue wat mekaar dalk nooit sal ontmoet nie, maar tog op ’n besondere manier met mekaar kan verbind.
Wat is ingesluit:
Die reisende feesseisoen-joernaal
Scrapbook stickers, papier en al die nodige goodies
’n Klein sisterhood-geskenkie
Koerier via PUDO-lockers
Hoe werk dit?
Ons maak dit vir jou super maklik en moeitevry!
Jy ontvang ’n PIN-kode van ons waarmee jy die joernaal by ’n PUDO-locker kan gaan optel.
Jy het die joernaal vir 14 dae – skryf jou storie, deel jou hart, reflekteer oor jou jaar, vier die mooi, wees eerlik oor die moeilike en versier jou bladsye met alles wat ons vir jou gee.
Daarna plaas jy dit weer in ’n PUDO-locker met ’n nuwe PIN-kode wat ons vir jou stuur, sodat die volgende vrou haar beurt kan kry.
Hoekom deelneem?
Want elke vrou het ’n storie wat saak maak…
’n Jaar wat iets van haar gevra het.
’n Gebed wat sy gebid het.
’n Oomblik waarvoor sy dankbaar is.
’n Moeilike seisoen waardeur sy moes stap.
En ’n hoop wat sy saam met haar die nuwe jaar wil indra.
Hierdie feesseisoen is ’n kans om stadiger te raak, terug te kyk, te vier wat mooi was, ruimte te maak vir dit wat seer was – en saam te onthou dat ons nooit alleen is nie. 🤍
Bonus:
Aan die einde van die reis deel ons die hele joernaal digitaal met almal wat deel was daarvan, sodat jy kan sien hoe jou eie stukkie van die reis deel geword het van iets veel groter. ✨
Kom vier hierdie feesseisoen saam met ons – een vrou, een storie en een gebed op ’n slag.
’n Joernaal wat reis.
’n Sisterhood wat verbind.
’n Feesseisoen om te onthou. 🤍
Tipe:
Hier ontvang jy die fisiese boek en het jy tyd om self heerlik in te vul en deel te neem.
Taal:
Hierdie joernaal is tans slegs in Afrikaans beskikbaar.
1
Kategorie:Sisterhood Joernaal